Wat se die Vos Familie?
Waarom het julle besluit op ‘n ‘makeover’?
Ons het gedink dit sal ‘n lekker ondervinding wees, en ook om meer te leer van grimering en klere-style.
Wat is julle beste eienskappe?
Marissa – hare, Frances – oë, Ronel – oë
Beskryf jul klerestyl, en wat julle intussen wysgeraak het?
Marissa – gemaklik en modern
Frances – gemaklik
Ronel – klassiek en modern
Ons het geleer wat om by wat aan te trek en ons het definiteif ‘n beter idee van hoe om grimering te doen.
Hoe het julle verwag gaan julle lyk?
Ons het nie gedink ons gaan soos supermodelle lyk nie! Ons het net gedink ons gaan normaal lyk, toe is ons vreeslik verras met die resultate!
Was julle verras om julself in die spieël te sien?
Ja, ons het só groot geskrik, en beslis nie onsself herken nie!
Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Die grimering wat só mooi gedoen was en dan die kleure van die klere wat daarby pas!
Hoe het jy die mooimaak sessie ondervind?
Baie gelag en baie fun gehad, en lekker make up tips geleer. Almal is so proffesioneel by Veronique, en hulle doen so baie moeite om jou baie op jou gemak te laat voel. Dit was regtig een van ons top 5 dae!
Wat was jou vriende/familie se reaksie?
Almal was so verras! En van ons vriende het dadelik gevra wie en waar kan hulle dit ook doen!
A big thank you to Slate, Willowbridge (021-914 4448) and Longstreet, Tygervalley 9021-914 3136) for sponsoring the clothing for the shoot.
Regards,
Veronique Photography
Email: info@veronique-photography.com
Cell: +27 (0) 79 73 77 397
Comment for Makeover – Vos Family
Mensig maar die Vosse is mooi mense … komende van nog ‘n Vos-familie wat dringend ‘n make-over nodig het.