Wat sê Miranda?
Waarom het jy besluit op ‘n mooimaaksessie?
Vir my het dit nie noodwendig oor die mooimaaksessie gegaan nie. Ek het dit gedoen vir die professionele foto’s wat geneem word, en ook oor jou grimering en hare deur professionele mense gedoen word. Boonop kies hulle ook jou klere vir jou uit. Met ander woorde, dis baie waarde vir die geld, want gewoonlik moet jy jou eie hare en grimering doen.
Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My hare is beslis my beste eienskap.
Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
My klerestyl is eenvoudig, maar altyd stylvol en modern. Ek druk ook steeds my eie stempel daarop af.
Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het wow verwag, en dis presies hoe ek gelyk het. Die grimering was veralamazing!
Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Ja, die grimering veral.
Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Beslis!
Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Dit het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee.
A big thank you to Nili Collections in Kenridge (021-914 4600) for sponsoring the the black dress.
Regards,
Veronique Photography
Email: info@veronique-photography.com
Cell: +27 (0) 79 73 77 397