Wat se Lindy?
Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Ek het 9 maande gelede ‘n ma geword, en soos meeste nuwe ma’s weet, is daar nie elke dag baie tyd vir mooimaak en bederf nie. Ná ek gesien het hoe hierdie span die ‘gewone meisie’ in Cinderella omtower, wou ek ook graag sien hoe die Cinderella binne my lyk.
Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?
My skewe glimlag.
Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het hoë verwagtinge gehad na ek op SARIE.com die vorige vrouens se pragtige transformasies gesien het, maar hulle het elke verwagting oortref. Veronique het ‘n besonderse gawe om die mooi in ‘n mens vas te vang op `n foto!
Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Geweldig! Ek het nie gedink dit was moontlik om so te lyk nie. Leverne het my gewys dit is moontlik om elke dag soos ‘n model te lyk, en sy het haar grimeerwenke met my gedeel.
Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Hoe die span absoluut ‘n mens se selfvertroue opbou. Hulle is professioneel, tog laat hulle ‘n mens so gemaklik voel – dan word jy nog boonop agter die skerms bederf ook!
Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?
Ek het reeds vir almal! Elke vrou verdien om vir ‘n dag soos ‘n model te voel en lyk, en hierdie gedugte span kan dit vir jou doen.
Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
God skep elke vrou uniek, en elkeen is mooi op haar eie manier. Maar hierdie sessie herinner my net weer hoe mooi ons werklik is, en dit is goed vir ‘n mens se selfvertroue.
A big thank you to Slate, Willowbridge (021-914 4448) for sponsoring the clothing for the shoot.
Regards,
Veronique Photography
Email: info@veronique-photography.com
Cell: +27 (0) 79 73 77 397