Have a look at this short video I made to capture some of the moments of Karina’s makeover shoot:
Karina Makeover Shoot Video
Wat sê Karina?
Waarom het jy besluit op ’n ‘makeover’ vir jouself?
Dit was ’n moeilike en deurmekaar jaar en ek het myself by tye erg afgeskeep. Maar die nuwe jaar bring nuwe dinge en daarom wou ek voor die Nuwejaar ’n ordentlike mooimaaksessie kry.
Wat dink jy is jou beste eienskap?
My oë, glimlag en my hare.
Beskryf jou klerestyl…
Romanties, vroulik en dalk ook boheems sjiek. En ek hou van alles wat skitter en blink! Ek hou baie van die nousluitende aandrokkies wat ander mense dra, maar tydens hierdie sessie het ek geleer ek hoef nie bang te wees om self dit te dra nie. Dit is eintlik baie vleiend!
Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het die vorige sessies in diepte bestudeer en ek het geweet dit gaan onmoontlik wees om nié mooi te lyk nie!
Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
O JA! Ek het nie gedink ek gaan so erg verras wees nie, want ek is al voorheen professioneel mooigemaak (vir my troue), en dit was ook pragtig… maar hierdie was net…wow…anders!
Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Definitief die mooimaakspan en hoe hulle die hele ervaring soos ’n droom laat voel – ek het soos hulle vriendin, ’n prinses én ’n model gevoel! En dan het ek totaal verlief op een van die aandrokkies geraak.
Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Dit het beslis weer ’n huppel in my stap gesit en my sprankel is weer terug! Elke vrou verdien so ’n ervaring.
A big thank you to Slate, Willowbridge (021-914 4448) for sponsoring the clothing for the shoot.
Regards,
Veronique Photography
Email: info@veronique-photography.com
Cell: +27 (0) 79 73 77 397