Wat sê Inge?
Waarom het jy besluit op ’n ‘makeover’ vir jouself?
Vir die pret daarvan! Ek glo elke vrou moet pragtig lyk, al is dit net vir een dag.
Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het verwag om mooi te lyk, maar nie so pragtig soos ek lyk nie! Ek het ook nie verwag ek gaan 20 jaar jonger lyk nie!
Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Ja! Ek het gedink ek het nog nooit grimering gedra wat so perfek gedoen is nie.
Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Die span is soveel pret en dit was een groot bederf – die dag het net oor my gegaan! En natuurlik almal se reaksie ná die tyd!
Wat was jou familie en vriende se reaksie?
My susters het die foto’s op Facebook gedeel en gesê hoe trots hulle op my is. Baie mense kan nie glo dit is ek nie, hulle moet twee keer kyk. My man was sprakeloos!
Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Dit het my soveel meer selfvertroue gegee, want jy voel mooier binne én buite!
A big thank you to Slate, Willowbridge (021-914 4448) and Nili Collections in Kenridge (021-914 4600) for sponsoring the clothing for the shoot.
Regards,
Veronique Photography
Email: info@veronique-photography.com
Cell: +27 (0) 79 73 77 397