Wat sê Herminé?
Waarom het jy besluit op ’n ‘makeover’ vir jouself?
Ek wou nog altyd so iets doen, maar ek nog nooit die moed gehad nie. Dit is een van die dinge op my “Bucket List”. Toe ek navraag doen en hoor dat hierdie wonderwerke gebeur onder my neus, het ek besluit dit is nou of nooit! Bonus was toe my man die mooimaaksessie vir my as ’n verjaarsdaggeskenk gegee het.
Wat dink jy is jou beste eienskap?
Ek is geseën met ’n gladde en probleemvrye vel, en ek het ’n bos gesonde krulhare.
Beskryf jou klerestyl en wat het jy by die mooimaaksessie geleer?
Ek hou van mooi aantrek. Ek is mal oor jeans met ’n mooi toppie of baadjie en ’n mooi paar skoene. Ek probeer altyd eerder veilig speel met klere.
Die klere wat die span gekies het was SO ek! Ek het geleer dat met iets so eenvoudig soos ’n hangertjie, jou hele look kan verander.
Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het elke mooimaaksessie met ’n valkoog dopgehou en geglo ek gaan ook so mooi soos die ander lyk!
Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Toe ek myself in die spieël sien, het ek vir die eerste keer verstaan hoekom mense op “make-over shows” ’n traan wil pik. Ek het STUNNING gelyk! Ek kon my oë nie glo nie!
Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?
Die hele dag was ongelooflik. Die hare en grimering, asook die klere was alsbeautiful.
Wat was jou familie en vriende se reaksie?
My man se oë het soos pierings gerek toe hy na die foto’s kyk. Hy het dit vir my as ’n verjaarsdaggeskenk gegee. Hy het gesê: “Sjoe liefie, jy is ongelooflik mooi,money well spent!”
Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Ek het soveel wenke gekry en so baie geleer dat ek glo dit nie baie moeilik kan wees nie.
Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
My selfbeeld en selfvertroue het ’n 180 grade-draai gemaak! Jy is soms baie krities as dit by jouself kom. Ek was so besig om fout te soek met myself dat ek verby die goed en mooi gekyk het. Dis wonderlik om jouself deur iemand anders se oë te sien!
A big thank you to Slate, Willowbridge (021-914 4448) and Longstreet, Tygervalley 9021-914 3136) for sponsoring the clothing for the shoot.
Regards,
Veronique Photography
Email: info@veronique-photography.com
Cell: +27 (0) 79 73 77 397